chi-kwadraattoets
‘n Statistiese metode om te bepaal of twee veranderlikes in ‘n kruistabellering gekorreleerd is. ‘n Chi-kwadraatverdeling wissel vanaf ‘n normale verspreiding gebaseer op die vryheidsgrade wat gebruik word om dit te bereken.
English

6

68-95-99.7 reël
Beskryf die beginsel dat 68% van alle waardes binne een standaardafwyking van die gemiddelde val, 95% val binne twee en 99.7% val binne drie standaardafwykings. Omgekeerd, in die meeste gevalle val 0.3% van die waardes meer as drie standaardafwykings bo of onder die gemiddelde.
Arabic, English, Français, Português

A

absolute fout
Die absolute fout is die absolute waarde van die verskil tussen die waargenome- en die korrekte waarde. Die absolute fout is gewoonlik van minder waarde as die relatiewe fout.
Arabic, English, Français, Português
absolute resultaat (van 'n toets)
Die waarde wat deur ‘n toets gegenereer is. Indien dié waarde gelyk is aan die verwagte resultaat, is die toets suksesvol; as die twee waardes verskil het die toets gefaal.
English
absolute roete
‘n Roete wat dieselfde posisie in die lêerstelsel aandui ongeag die posisie vanwaar dit geëvalueer word. Die absolute roete is die ekwivalent van lengtegraad en breedtegraad in geografie.
relative_path
Arabic, English, Español, Français, Português
absolute rynommer
Die opeenvolgende indeks van ‘n ry in ‘n tabel, ongeag die gedeelte van die tabel wat vertoon word.
English, Español, Português
abstrakte metode
‘n Metode, in objekgeoriënteerde programmering, wat gedefiniëer maar nie geïmplementeer is nie. Programmeerders sal ‘n abstrakte metode in ‘n voorsaatklas definiëer wat in nasaatklasse geïmplementeer moet word.
English
abstrakte sintaksisontledingsboom
‘n Diepgeneste datastruktuur, of boom, wat die struktuur van ‘n program verteenwoordig. Byvoorbeeld, as die abstrakte sintaksontledingsboom ‘n nodus het wat ‘n doen terwyl-lus verteenwoordig wat met een naasaatontledingsboom die lustoestand verteenwoordig en ‘n ander nasaatontledingsboom wat die lusraam verteenwoordig.
English
afgooiware
Sagteware wat nie meer onderhou word nie.
Arabic, English, Español, Français, Português
aggregaatfunksie
‘n Funksie wat ‘n groep waardes saamvoeg, bv. sum (summering) en max (maksimale waarde)
English, Español, Français, Português
aliasering
Om twee of meer verwysing na dieselfde ding te hê, soos byvoorbeeld meer as een verwysing na ‘n datastruktuur in geheue of na ‘n lêer op ‘n skyf.
English
anker
In ‘n gewone (reguliere) uitdrukking, is ‘n anker ‘n simbool wat ‘n posisie aandui, bv. ^ dui die begin van ‘n lyn aan en $ dui die einde van ‘n lyn aan. ‘n Uidrukking soos bv. ^Die anker die soektog na die woord Die aan die begin van die lyn.
English, Français, Português
anonieme funksie
‘n Funksie waaraan daar nie ‘n naam toegeken is nie. Anonieme funksies is gewoonlik baie kort en word gewoonlik gedefinieer waar hulle gebruik word bv. in die geval van ‘n terugskakelfunksie.
English, Français
anti-koppeling
‘n Koppeling wat rye in tabel A bevat wie se sleutels nie die sleutels van tabel B bevat nie.
English
argument
Die term moet nie verwar word met parameter nie en is ook nie ‘n sinoniem daarvoor nie. ‘n Argument is die spesifieke waarde wat aan ‘n funksie verskaf word in ‘n lys van waardes wat deur kommas geskei word
Arabic, English, Español, Português

B

bekostigbaarheid
‘n Einskap van iets wat aandui hoe dit gebruik kan word, bevoorbeeld ‘n lêerhanteerder of ‘n knoppie.
English
byvoeg modus
Om data aan die einde van ‘n lêer te voeg in plaas daarvan om die inhoud van dielêer te oorskryf. Oorskryf is die verstek, wat beteken dat meesteprogrammeertale verwag dat programme eksplisiet moet aandui dat daar bygevoeg inplaas van oorskryf moet word.
English

K

korrelasie
Hoe sterk twee veranderlikes met mekaar ooreenstem. Korrelasie word gewoonlik gemeet aan die berekening van ‘n korrelasiekoëffisiënt, maar impliseer nie oorsaaklikheid.
English, Português
korrelasiekoëffisiënt
‘n Maatstaf van hoe sterk gekorreleer twee veranderlikes is. As die korrelasiekoëffisiënt tussen X en Y gelyk is aan 1.0, dui dit aan dat X die perfekte voorspelling van Y is. As die korrelasiekoëffisiënt 0,0 is, dui dit aan dat X nie verwant is aan Y nie. As dit -1,0 is, dan voorspel X vir Y, maar verandering in X veroorsaak ‘n teenoorgestelde verandering in Y.
English, Português

L

lenige ontwikkeling
‘n Sagteware-ontwikkelingsmetode wat die klem lê op vele klein stappies en deurlopende terugvoering in plaas van vooraf beplanning en langtermyn skeduluering. Verkennende programmering is dikwel lenig.
English, Português

S

samevoeging
Om ‘n groep waardes in een te kombineer bv. om ‘n versameling getalle op te som of om ‘n versameling alfabetiese stringe aaneen te skakel.
English, Español, Français, Português

T

Toepassing Programmeerderkoppelvlak
n Versameling funksies en prosedures wat deur ‘n sagtewareprogrammateek of webdiens voorsien word vir gebruik deur ander toepassings om met die programmateek of webdiens te kommunikeer. Die API is nie die kode, die databasis of die bediener nie, dit is die koppelvlak.
English

V

vertrouensinterval
‘n Variasiewydte rondom ‘n beraming wat’n foutgrens aandui, gekombineerd met die waarskynlikheid dat die werklike getal binne die skatting val.
English